Job 2

2
Die Satan praat weer met die Here
1Eendag het die engele weer voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom om voor God te kom staan. 2Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?”
Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”
3Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is 'n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen niks verkeerd nie. Hy het nie verkeerd gedoen nie, maar jy het gesê Ek moet hom laat swaarkry. En hy hou aan om heeltemal reg te doen.”
4Toe sê die Satan vir die Here: “Maar Job self is nog sterk en gesond. 'n Mens sal alles wat hy het, gee om te kan lewe. 5Maar as U iets doen aan Job se liggaam, dan sal hy U vervloek, dit is seker.”
6Die Here het vir die Satan gesê: “Jy mag doen met Job wat jy wil, maar jy mag hom nie doodmaak nie.”
Job word siek
7Die Satan het weggegaan van die Here en hy het vir Job siek gemaak. Job het slegte sere aan sy hele liggaam gekry. 8Job het 'n stuk van 'n kleipot geneem, hy het homself daarmee gekrap, en hy het op 'n ashoop gaan sit. 9Sy vrou het vir hom gesê: “Hoekom hou jy aan om 'n goeie man te wees? Jy moet vir God vervloek. Dan kan jy sterf.”
10Maar Job het vir sy vrou gesê: “Jy praat nou soos 'n dwaas. Ons aanvaar die goeie dinge wat God vir ons gee, ons moet ook die slegte dinge aanvaar wat Hy vir ons gee.”
Terwyl alles gebeur het, het Job niks verkeerd gesê nie.
Drie vriende kom na Job toe
11Drie van Job se vriende het gehoor van die slegte dinge wat met hom gebeur het. Elkeen het van sy woonplek gekom, Elifas het van die land Teman gekom, Bildad van die land Suag en Sofar van die land Naäma. Hulle het saam besluit om vir Job te wys dat hulle jammer is vir Job, hulle wou hom troos. 12Toe hulle nog ver van Job was en hulle sien hom, het hulle hom nie geken nie, Job het anders gelyk. Hulle het hard begin huil. Hulle het hulle klere geskeur en hulle het stof op hulle koppe gegooi. 13Job se vriende het sewe dae en sewe nagte lank by Job op die grond gesit. Hulle het niks met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat hy baie swaar kry.

Tans Gekies:

Job 2: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid