JOB 13:5-12
JOB 13:5-12 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal beter wees as julle stilbly, dan sal 'n mens kan dink dat julle wysheid het. Julle moet asseblief luister na wat ek sê, julle moet probeer verstaan wat ek wil sê. Julle mag nie verkeerde dinge sê en dan sê dat julle praat om vir God te help nie. Julle mag nie leuens vertel en dink dat julle dit vir Hom doen nie. Julle kan nie sê dat God reg is en dat ek nie reg is nie, julle kan nie vír Hom wees en téén my wees nie. Dit sal sleg gaan met julle as Hy wil hoor wat julle sê, julle kan Hom nie bedrieg soos julle mense bedrieg nie. Hy sal julle straf, dit is seker, Hy sal julle straf as julle dink dat julle vir Hom wil help en niemand sal dit weet nie. Julle sal baie bang word as Hy begin praat, julle sal skrik vir die Almagtige God. Julle sê dat julle dinge onthou, maar dit beteken niks, die dinge wat julle sê, is soos as en klei.
JOB 13:5-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ag, as julle maar heeltemal sou swyg — dan sou dit vir julle wysheid wees! Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe. Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor? Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit? Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word? Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is. Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie? Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
JOB 13:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle maar liewer net wou stilbly, sou dit vir julle tot wysheid gereken kon word. “Luister na my kant van die saak, neem my argumente in ag: Wil julle vir God intree met onreg en sy saak bepleit met leuens? Wil julle vir Hom partydig wees? Wil julle God se saak verdedig? As Hy julle sou ondersoek, sou dit vir julle goed verloop? Sou julle Hom kon bedrieg soos julle mense bedrieg? Hy sal julle swaar straf as julle in die geheim partydig is. Sy verhewe mag sal julle met skrik vervul, skrik vir Hom sal julle oorval. Julle beroep op die voorgeslag is wind, julle verweer sê niks.”
JOB 13:5-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle maar doodstil wou bly! Dit sou vir julle as wysheid geld. Luister asseblief na my pleidooi; op die aanklag van my lippe moet julle ag slaan. Wil julle namens God onregverdige argumente aanvoer, namens Hom bedrieglike argumente aanvoer? Wil julle partydig wees vir Hom, of namens God 'n regstryd voer? Sal dit goed afloop as Hy julle onder kruisverhoor neem? Of sal julle Hom mislei soos mens 'n sterfling mislei? Hy sal julle beslis teregwys as julle in die geheim partydig is. Sal sy majesteit julle nie ontstel nie, die vrees wat Hy inboesem, julle nie oorval nie? Julle stellings is spreuke in die stof; julle antwoorde word antwoorde van klei!
JOB 13:5-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ag, dat julle heeltemal sou stilbly! en dit moet jou wysheid wees. Hoor nou my redenasie, en luister na die smekinge van my lippe. Sal julle goddeloos vir God spreek? en bedrieglik vir hom praat? Sal julle sy persoon aanvaar? sal julle vir God stry? Is dit goed dat hy jou deursoek? of soos een mens met 'n ander spot, bespot julle hom so? Hy sal julle sekerlik teregwys as julle mense in die geheim aanneem. Sal sy hoogheid jou nie bang maak nie? en sy angs oor jou val? Julle herinneringe is soos as, julle liggame soos klei liggame.
JOB 13:5-12 Die Boodskap (DB)
Bly net ’n slag stil! Dit is die slimste ding wat julle kan doen. Luister net ’n slag wat ek te sê het. Hoor ’n bietjie my kant van die saak. “Probeer julle God met julle leuens en oneerlike argumente verdedig? Julle is veronderstel om onpartydig te wees, maar ek sien julle kies God se kant van die saak. Julle verdedig sy standpunt. Wat dink julle sal gebeur as Hy in julle sake begin krap? Julle moet nie vir ’n oomblik dink dat julle Hom om die bos kan lei soos julle met mense maak nie. Hy sal hard met julle praat as Hy moet uitvind dat julle partydig is. Dit maak nie eens saak of julle vir Hom partydig is of dink julle doen dit in die geheim nie. Hy is magtig. Maak dit julle nie bang nie? Gryp vrees vir Hom julle nie vas nie? Die slim goed wat julle kwytraak, is nie veel meer werd as uitgebrande as nie. Die argumente wat julle gebruik om julleself te verdedig is so broos soos ’n kleipot.”
JOB 13:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bly liewer stil! Dis die slimste ding wat julle kan doen! Luister na my klag. Gee aandag aan my betoog. Verdedig julle God met leuens en gebruik julle oneerlike argumente om sy ontwil? Is julle partydig vir Hom? Wil julle God se saak verdedig? Wees versigtig dat Hy nie uitvind wat julle doen nie! Dink julle dat julle Hom kan bedrieg soos ’n mens? Nee, julle sal by Hom in die moeilikheid wees as Hy uitvind dat julle in hierdie hofsaak kant kies. Vervul sy verhewe mag julle nie met skrik nie? Word julle nie aangegryp deur vrees vir Hom nie? Die waarde van julle stellings is soos as. Julle verdediging is so broos soos ’n kleipot!