JOHANNES 21:25
JOHANNES 21:25 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook baie ander dinge gedoen, maar 'n mens lees nie daarvan in hierdie boek nie. As 'n mens oor dit alles ook wil skryf, dan dink ek daar sal nie genoeg plek in die wêreld wees vir al die boeke nie.
JOHANNES 21:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het; maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie. Amen.
JOHANNES 21:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.
JOHANNES 21:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As dit een vir een neergeskryf sou word, sou die wêreld self, dink ek, die •boekrolle wat geskryf sou word, nie kon bevat nie.
JOHANNES 21:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar is ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het, wat, as dit elkeen opgeskryf sou word, ek dink dat selfs die wêreld self nie die boeke kon bevat wat geskrywe moes word nie. Amen.