JOHANNES 21:18-19
JOHANNES 21:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Petrus, Ek sê vir jou, en dit is seker: Toe jy jonk was, het jy self jou klere vasgemaak en jy het gegaan waar jy wil. Maar jy sal oud word en jy sal jou hande uitsteek en iemand anders sal jou klere vasmaak en hy sal jou wegneem na 'n plek waar jy nie wil wees nie.” Toe Jesus dit gesê het, het Hy verduidelik hoe Petrus later sal sterf en vir God sal eer. Toe het Jesus vir Petrus gesê: “Kom saam met My!”
JOHANNES 21:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.
JOHANNES 21:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”
JOHANNES 21:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Amen, amen, Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy self jou gordel vasgemaak en gegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou gordel vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie. ” Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir Petrus: “Volg My!”
JOHANNES 21:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonk was, het jy jouself omgord en gewandel waar jy wou; maar as jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en 'n ander sal jou omgord en jou dra waar jy wil. Dit het hy gesê en te kenne gegee deur watter dood hy God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: Volg My.
JOHANNES 21:18-19 Die Boodskap (DB)
Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.” (Daarmee het Jesus gesinspeel op die manier waarop Petrus sou sterf. Met sy dood sou hy in alle geval vir God eer.) “Kom saam met My,” sê Jesus toe vir Petrus.
JOHANNES 21:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek verseker jou, toe jy nog jonger was, het jy self jou klere vasgegordel en het jy rondgegaan waar jy ook al wou; wanneer jy egter oud is, sal jy jou hande uitstrek en iemand anders sal jou klere vasgordel en jou bring waar jy nie graag sal wil wees nie.” Dit het Jesus gesê om te sinspeel op die soort dood waarmee Petrus God sou verheerlik. Nadat Hy dit gesê het, sê Jesus vir Petrus: “Volg My as my dissipel!”