JOHANNES 2:24-25
JOHANNES 2:24-25 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het hulle almal goed geken, en daarom het Hy geweet hulle glo nie regtig nie. Jesus het self geweet wat mense dink. Dit was nie nodig dat iemand vir Hom vertel hoe mense is nie.
JOHANNES 2:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.
JOHANNES 2:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.
JOHANNES 2:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesus het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy alle mense ken. Hy het nie nodig gehad dat iemand van die mens getuig nie; want Hy het self geweet wat daar in die mens is.
JOHANNES 2:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het Homself nie aan hulle toevertrou nie, omdat Hy alle mense geken het, En Hy het nie nodig gehad dat iemand van die mens sou getuig nie, want Hy het geweet wat in die mens is.