JOHANNES 15:1-2
JOHANNES 15:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook vir sy dissipels gesê: “Ek is die ware wingerdstok. My Vader is die druiweboer. Daar is party lote wat uit My groei maar wat niks vrugte dra nie. My Vader knip daardie lote af. Maar die lote wat vrugte dra, knip Hy net skoon sodat hulle nog meer vrugte kan dra.
JOHANNES 15:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
JOHANNES 15:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
JOHANNES 15:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
JOHANNES 15:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek is die ware wingerdstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot in My wat nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié reinig Hy, sodat dit meer vrug kan dra.
JOHANNES 15:1-2 Die Boodskap (DB)
“Laat Ek ’n beeld gebruik om die verhouding tussen My, my Vader en my volgelinge te verduidelik. Stel julle voor my Vader is ’n druiweboer. Ek kan dan vergelyk word met ’n spesiale druiwestok. My Vader bewerk die wingerd goed en hou die lote wat uit die druiwestok groei goed dop. As daar takkies is wat net groei, maar nie ’n enkele druiwetros dra nie, sny Hy dit af. Die takkies wat druiwetrossies maak, versorg Hy mooi. Hy snoei hulle en maak hulle skoon sodat daar baie plek vir die druiwetrossies is.