JOHANNES 14:28
JOHANNES 14:28 Bybel vir almal (ABA)
“Julle het gehoor dat Ek vir julle sê Ek gaan weg, en Ek kom weer terug na julle toe. As julle lief is vir My, dan sal julle bly wees dat Ek teruggaan na die Vader, want Hy is belangriker as Ek.
JOHANNES 14:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.
JOHANNES 14:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is.
JOHANNES 14:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader gaan, omdat die Vader groter as Ek is.
JOHANNES 14:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle het gehoor hoe Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg en kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees, omdat Ek gesê het: Ek gaan na die Vader, want my Vader is groter as Ek.