JOHANNES 14:24
JOHANNES 14:24 Bybel vir almal (ABA)
Maar mense wat nie lief is vir My nie, doen nie wat Ek vir hulle sê nie. Julle moet onthou, die dinge wat Ek vir julle sê, kom nie van My nie. Dit kom van die Vader wat My na die wêreld gestuur het.
JOHANNES 14:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
JOHANNES 14:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het.
JOHANNES 14:23-24 Die Boodskap (DB)
Jesus antwoord toe: “Wel, Judas, die saak staan so. Daar is twee soorte mense: die mense wat My liefhet, en die mense wat niks met My te doen wil hê nie. Die mense wat My liefhet, neem alles wat Ek sê baie ernstig op; die ander steur hulle nie daaraan nie. God staan 100% agter hulle wat my woorde ernstig opneem, want dit is mos eintlik God self se woorde. Weet julle, my Vader en Ek sal al twee op ’n baie intieme manier deel word van daardie persoon se lewe.