JOHANNES 14:2-3
JOHANNES 14:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Daar is baie plek om te woon in my Vader se huis. Ek praat die waarheid wanneer Ek sê Ek gaan na my Vader se huis om julle plek gereed te maak. Wanneer Ek gegaan het en julle plekke gereedgemaak het, dan sal Ek terugkom. Dan sal Ek julle saam met My neem sodat julle kan wees waar Ek is.
JOHANNES 14:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
JOHANNES 14:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
JOHANNES 14:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
JOHANNES 14:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die huis van my Vader is baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir jou plek voor te berei. En as Ek gaan en vir julle plek gereed maak, sal Ek terugkom en julle vir My aanneem; sodat waar Ek is, daar ook julle kan wees.
JOHANNES 14:2-3 Die Boodskap (DB)
My Vader het ’n huis. Daar is meer as genoeg plek vir julle almal. Ek gaan om vir julle daar plek reg te maak. Dink julle een oomblik Ek sou dit gesê het as dit nie so was nie? As Ek alles vir julle reggekry het, kom Ek julle haal om by My te wees. Waar Ek is, sal julle dan ook wees.
JOHANNES 14:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die huis van my Vader is daar baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is.