JOHANNES 14:10-11
JOHANNES 14:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Glo jy nie Ek is by die Vader en die Vader is by My nie? Die woorde wat Ek sê, kom nie van Myself nie. Dit kom van die Vader wat by My is. Ja, Hy is besig om sy werk te doen. Julle moet My glo wanneer Ek sê Ek is by die Vader en die Vader is by My. As julle nie wil glo wat Ek sê nie, dan moet julle glo omdat julle gesien het wat Ek doen.
JOHANNES 14:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.
JOHANNES 14:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.
JOHANNES 14:10-11 Die Boodskap (DB)
Glo julle nie dat Ek en die Vader soos een is nie? Waar Ek is, is Hy en waar Hy is, is Ek. Dink goed aan alles wat Ek al vir julle gesê het. Ek het dit nie so op my eie gesit en uitdink nie. Die Vader is by My en is deel van alles wat Ek doen. Wat Hy gedoen wil hê, doen Hy deur My. Dit moet julle aanvaar: Ek is in die Vader en die Vader is in My. Vind julle dit moeilik om te glo wat Ek sê? Wel, kyk dan na wat Ek doen. Oordeel maar self of dit van God af kom of nie. Glo dan op grond van wat julle sien.
JOHANNES 14:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Glo jy dan nie dat Ek in ’n hegte verhouding met die Vader leef en Hy met My nie? Die gedagtes wat Ek met julle deel, kom nie uit Myself nie, maar dit kom van die Vader wat in My bly en deur My sy werke uitvoer. Glo in My omdat Ek in ’n hegte verhouding leef met die Vader en Hy met My; so nie, glo dan net op grond van hierdie werke self.