JOHANNES 1:6-7
JOHANNES 1:6-7 Bybel vir almal (ABA)
God het 'n man gestuur, sy naam was Johannes. Hy het gekom om vir die mense te vertel van die lig, sodat almal wat dit hoor, kon glo.
JOHANNES 1:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
JOHANNES 1:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom.
JOHANNES 1:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo.
JOHANNES 1:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar was 'n man wat van God gestuur is, wie se naam Johannes was. Hy het gekom as 'n getuienis om van die Lig te getuig, sodat alle mense deur Hom sou glo.