JOHANNES 1:49-51
JOHANNES 1:49-51 Bybel vir almal (ABA)
Natanael het vir Jesus gesê: “ Rabbi, U is die Seun van God! U is die Koning van Israel!” Jesus het vir hom gesê: “Jy glo in My omdat Ek vir jou gesê het Ek het jou daar onder die vyeboom gesien, maar jy sal nog dinge sien wat baie wonderliker is!” Jesus het ook vir hom gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle sal sien die hemel gaan oop en die engele van God gaan van My na God toe, en hulle kom van Hom na My toe, na My, die Seun van die mens.”
JOHANNES 1:49-51 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien. Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel! Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
JOHANNES 1:49-51 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”
JOHANNES 1:49-51 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe antwoord Natanael Hom: “Rabbi, U is die •Seun van God; U is die Koning van Israel!” Jesus antwoord hom: “Glo jy omdat Ek jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge sien.” En Hy sê vir hom: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Julle sal die hemel oop sien en die engele van God wat opstyg en neerdaal op die •Seun van die Mens.”
JOHANNES 1:49-51 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Natanael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel. Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? groter dinge as dit sal jy sien. En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel oop sien en die engele van God op- en neerdaal op die Seun van die mens.
JOHANNES 1:49-51 Die Boodskap (DB)
“Rabbi, U is die Seun van God! U is die Koning van Israel!” het dit oor Natanael se lippe gerol. Jesus sê toe vir hom: “Jy glo en vertrou My omdat Ek maar net vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het. Eintlik het jy nog niks gesien nie! Wag maar, daar kom nog baie groter ervarings as dit. “Luister nou mooi na wat Ek sê: Julle sal God se woonplek in die hemel sien oopgaan. Voor julle oë sal die engele van God van die Seun van die mens af opgaan daarheen en dan terugkom na Hom toe.”
JOHANNES 1:49-51 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe reageer Natanael: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” Jesus se antwoord aan hom was: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom sien sit het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” Jesus het ook vir hom gesê: “Ek verseker julle: julle gaan die hemel wyd oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na My, die Seun van die Mens, toe.”