JEREMIA 41:2
JEREMIA 41:2 Bybel vir almal (ABA)
het Ismael en die tien manne by hom opgestaan en hulle het vir Gedalja met swaarde gekap en doodgemaak. Gedalja was die man vir wie die koning van Babel gekies en aangestel het om oor die land te regeer.
JEREMIA 41:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.
JEREMIA 41:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
het Ismael seun van Netanja en die tien man wat by hom was, opgespring en vir Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, doodgemaak. Gedalja was die man wat deur die koning van Babel in bevel van die land geplaas is.
JEREMIA 41:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Ismael, seun van Netanja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalja, seun van Agikam, seun van Safan, met die swaard neergevel en hom doodgemaak – hy wat deur die koning van Babilonië in die land aangestel is.
JEREMIA 41:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Ismael, die seun van Netánja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalja, die seun van Ahikam, die seun van Safan, met die swaard verslaan en hom gedood wat die koning van Babel as goewerneur oor die land aangestel het.