JEREMIA 4:11
JEREMIA 4:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind kom oor die heuweltoppe uit die woestyn uit op my volk af, maar nie om die kaf weg te waai en die koring skoon te waai nie.
JEREMIA 4:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “In daardie tyd sal mense vir hierdie volk en vir die mense van Jerusalem sê: ‘Daar kom 'n warm wind oor die heuwels waar nie plante groei nie, dit kom deur die woestyn op die pad na my volk toe, maar dit is nie 'n wind wat koring op die dorsvloer sal skoonmaak nie.’
JEREMIA 4:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!
JEREMIA 4:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In daardie tyd sal vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word: “'n Versengende wind vanaf die kaal hoogtes in die woestyn is op pad na die dogter van my volk, maar nie om 'n oes uit te wan of te sif nie.
JEREMIA 4:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Droë wind van die hoogtes in die woestyn teen die dogter van my volk, nie om te waai of te reinig nie