YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JEREMIA 4:1

JEREMIA 4:1 Bybel vir almal (ABA)

Die Here sê: “Mense van Israel, as julle wil terugkom, dan moet julle terugkom na My toe. En as julle die vuil afgode wegvat voor My, dan moet julle nie weer verkeerd doen nie.

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

AS jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)

As jy jou wil bekeer, Israel, moet jy jou tot My bekeer, sê die Here. As jy jou afskuwelike afgode voor My wegvat, moet jy nie meer dwaal nie.

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“As jy dan omdraai, Israel,” is die uitspraak van die HERE, “moet jy na My toe omdraai. As jy jou verfoeilike afgode verwyder uit my teenwoordigheid, sal jy nie langer rondswerf nie.

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

As jy jou bekeer, o Israel, spreek die HERE, bekeer jou na My toe

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Die Boodskap (DB)

“Israel, as julle besluit om weg te breek van wat julle nou doen, kom dan na My toe terug,” sê die Here. “As julle ontslae raak van die haatlike afgode, hoef julle mos nie meer so sonder rigting te wees nie.

Deel
Lees JEREMIA 4

JEREMIA 4:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Israel, keer terug na My toe,” sê die HERE. “As julle ontslae raak van die afskuwelike afgode, sal julle nie meer so rigtingloos wees nie.

Deel
Lees JEREMIA 4
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's