JEREMIA 32:39-40
JEREMIA 32:39-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal hulle een hart en een weg gee, dat hulle My vir ewig kan vrees, tot voordeel van hulle en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek van hulle nie sal afwyk om aan hulle goed te doen nie; maar Ek sal my vrees in hulle harte gee, dat hulle van My nie sal wyk nie.
JEREMIA 32:39-40 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal hulle almal saam laat besluit om My altyd te dien en om te lewe soos Ek wil hê, sodat dit goed sal gaan met hulle en hulle kinders. Ek sal 'n verbond met hulle maak vir altyd. Ek sal nie weggaan van hulle nie, Ek sal goed wees vir hulle. En Ek sal hulle harte verander sodat hulle My sal wil dien, en sodat hulle nie sal weggaan van My nie.
JEREMIA 32:39-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.
JEREMIA 32:39-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal hulle 'n onverdeelde hart en 'n vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir dié van hulle kinders na hulle. Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie.
JEREMIA 32:39-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal aan hulle eensgesinde harte gee en een pad, sodat hulle altyd vir My ontsag sal hê, tot hulle eie beswil en dié van hulle kinders ná hulle. Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit: Ek sal My nooit daarvan weerhou om aan hulle goed te doen nie, en Ek sal ontsag vir My in hulle harte gee, sodat hulle nie van My af sal wegdraai nie.
JEREMIA 32:39-40 Die Boodskap (DB)
Ek sal maak dat hulle almal sal saamstem om vir altyd net vir My te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste ding wees om te doen. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie. Ek sal hulle nooit in die steek laat nie. Ek sal ook nie ophou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My te respekteer. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie.
JEREMIA 32:39-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal hulle harte op My rig, met een doel voor oë: om My vir altyd te dien. Dit sal vir hulle en hulle kinders die beste wees om te doen. “Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit waarin Ek belowe om nie op te hou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My in eerbied te dien. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie.