JEREMIA 32:33
JEREMIA 32:33 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het hulle rug na My toe gedraai, nie hulle gesig nie. Ek het aangehou om vir hulle te leer, maar hulle het nie geluister nie en hulle het nie gelewe soos Ek wil hê nie.
JEREMIA 32:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dat hulle My die rug toegekeer het en nie die aangesig nie, alhoewel Ek hulle geleer het, vroeg en laat, sonder dat hulle geluister het om tugtiging aan te neem.
JEREMIA 32:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hulle rug na My toe gedraai, nie hulle gesigte nie. Ek het hulle vroeg en laat geleer om goed te luister, maar hulle wou nie hoor nie, hulle wou nie uit straf leer nie.
JEREMIA 32:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle draai hulle rug op My en wys nie hulle gesig nie. Alhoewel Ek hulle aanhoudend deeglik onderrig het, het hulle nie geluister deur die teregwysings te aanvaar nie.
JEREMIA 32:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die rug na My toe gedraai en nie die aangesig nie; al het Ek hulle geleer deur vroeg op te staan en hulle te leer, tog het hulle nie geluister om tug te ontvang nie.