JEREMIA 3:22
JEREMIA 3:22 Bybel vir almal (ABA)
Kinders wat My verraai het, julle moet terugkom. Ek sal julle gesond maak sodat julle My nie weer verraai nie.” Die mense van Israel sê: “Hier is ons, ons kom na U toe, want U is ons God die Here!
JEREMIA 3:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die HERE onse God.
JEREMIA 3:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling. Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God!
JEREMIA 3:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Keer terug, afvallige kinders! Ek sal julle afvalligheid genees.” “Hier is ons, ons kom na U toe; want U is die HERE ons God.
JEREMIA 3:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Keer terug, julle afkerige kinders, en Ek sal julle afkerighede genees. Kyk, ons kom na jou toe; want U is die HERE onse God.