JEREMIA 29:17
JEREMIA 29:17 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: Ek sal oorlog na hulle toe stuur, en honger en pes, Ek sal hulle maak soos vrot vye wat te sleg is om te eet.
JEREMIA 29:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.
JEREMIA 29:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
ja, so sê die Here die Almagtige: Ek laat oorlog, hongersnood en pes onder hulle los en Ek maak hulle soos oopgebarste vye wat so sleg is dat 'n mens dit nie kan eet nie.
JEREMIA 29:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
ja, so sê die HERE, Heerser oor alle magte, ‘Kyk, Ek gaan die swaard, hongersnood en pessiekte onder hulle instuur. Ek gaan hulle maak soos verrotte vye wat nie meer geëet kan word nie, omdat dit te sleg is.
JEREMIA 29:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek stuur op hulle die swaard, die hongersnood en die pes, en Ek sal hulle maak soos gemene vye wat nie geëet kan word nie, so sleg is hulle.
JEREMIA 29:17 Die Boodskap (DB)
Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Ek sal veroorsaak dat hulle in oorloë beland. Meer as dit nog, hulle sal ook sukkel om kos in die hande te kry. Om nie eens te praat van die siektes wat hulle sal kry nie. Ek sal hulle soos slegte vye maak, te sleg om te eet.