JEREMIA 28:8
JEREMIA 28:8 Bybel vir almal (ABA)
Die profete wat lank voor my en jou gelewe het, het boodskappe gebring oor baie en belangrike lande. Hulle het gesê daar kom oorlog en die mense sal swaarkry en almal sal siek word en sterf van pes.
JEREMIA 28:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.
JEREMIA 28:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die profete uit die dae voor jou en my het lankal vir baie lande en oor groot koninkryke oorlog en rampe en peste aangekondig.
JEREMIA 28:8 Die Boodskap (DB)
Nog lank voor my en jou was daar al profete van die Here wat moeilike dinge moes sê teen lande wat baie sterk was. Hulle moes vir die mense gesê het van oorloë wat sou kom. Maar hulle moes ook vir hulle sê dat van hulle van die honger sou doodgaan of dat siektes hulle sou tref.