JEREMIA 17:11
JEREMIA 17:11 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens wat ryk word omdat hy ander mense bedrieg, is soos 'n fisant wat op ander fisante se eiers broei. So 'n mens sal alles verloor wat hy het, hy sal dit verloor voordat hy oud is, en hy sal sterf soos 'n dwaas.
JEREMIA 17:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.
JEREMIA 17:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van 'n dwaas.
JEREMIA 17:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Patrys wat eiers uitbroei wat sy nie gelê het nie, so is iemand wat rykdom verwerf, maar nie met eerlikheid nie. Teen die helfte van sy dae verlaat dit hom; en aan sy einde sal hy 'n dwaas wees.
JEREMIA 17:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos 'n patrys op eiers sit en dit nie uitbroei nie; so hy wat rykdom verwerf, en nie op grond van reg nie, sal dit in die middel van sy dae laat staan, en aan sy einde sal hy 'n dwaas wees.