JEREMIA 14:4
JEREMIA 14:4 Bybel vir almal (ABA)
Die koringplante lê plat op die grond, want dit het nie gereën op die land nie. Die boere weet nie wat om te doen nie, hulle is moedeloos.
JEREMIA 14:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
JEREMIA 14:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die hele land het daar geen reën geval nie. Omdat die grond niks oplewer nie, is die boere moedeloos, hulle koppe hang.
JEREMIA 14:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vanweë die grond, wat uitmekaar bars omdat dit nie gereën het nie, staan die landbouers beskaamd; hulle bedek hulle koppe.
JEREMIA 14:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat die grond kapot is, want daar was geen reën op die aarde nie, was die ploegwerkers beskaamd, hulle het hul koppe bedek.