JEREMIA 10:6-7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JEREMIA 10:6-7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Waar is iemand soos U, Here? U is groot, die mag van u Naam is groot. Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies? Dit kom U toe. Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies, is daar niemand soos U nie.
JEREMIA 10:6-7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
JEREMIA 10:6-7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
HERE, daar is niemand soos U nie! U is groot, u Naam dra gesag! Is daar iemand wat U nie sal vrees nie, Koning van al die volke? U alleen verdien eer! Daar is niemand op aarde of in enige koninkryk wat so verstandig soos U is nie.
JEREMIA 10:6-7 DB (Die Boodskap)
Here, daar is niemand wat met U vergelyk kan word nie! U is baie sterk en U het baie invloed. As mense u Naam hoor, dink hulle U het baie mag en krag! Is daar enige mense wat nie besef dat U gerespekteer moet word nie? U is dan die Koning van volke. Dit is net U wat hierdie eer verdien! Daar is niemand wat so slim en verstandig soos U is nie, nie in enige land van die wêreld of onder mense op die aarde nie.
JEREMIA 10:6-7 ABA (Bybel vir almal)
Here, niemand is soos U nie, U is groot, almal weet U is sterk. U is Koning oor die volke, en almal moet U eer, want by al die wyse mense en al die konings van die volke is daar niemand soos U nie.
JEREMIA 10:6-7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nie een is soos U nie, HERE. U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou nie vir U ontsag hê nie, Koning van die nasies? Ja, vir U is dit van pas, want onder al die wyses van die nasies en in al hulle koninkryke, is daar niemand soos U nie.
JEREMIA 10:6-7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat daar niemand soos U is nie, o HERE; U is groot, en u Naam is groot van krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? want aan jou kom dit toe, omdat daar onder al die wyse manne van die nasies en in al hulle koninkryke niemand is soos jy nie.