JEREMIA 10:2
JEREMIA 10:2 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê: “Julle moenie doen soos die heidene nie. Julle moenie bang wees vir tekens in die lug nie, want die heidene is bang daarvoor.
JEREMIA 10:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
JEREMIA 10:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie. Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie, want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is.
JEREMIA 10:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Moenie die gebruike van die nasies aanleer nie; vir tekens aan die hemelruim moet julle nie bevrees wees omdat die nasies daarvoor bevrees is nie.
JEREMIA 10:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Leer nie die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel nie; want die heidene is vir hulle verskrik.