RIGTERS 9:13 - Compare All Versions

RIGTERS 9:13 ABA (Bybel vir almal)

Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: ‘My wyn maak gode en mense bly. Moet ek ophou druiwe dra om oor die bome te regeer? Nee, ek wil nie.’

RIGTERS 9:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

RIGTERS 9:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar die wingerdstok sê vir hulle: ‘Moet ek my wyn prysgee, my wyn wat gode en mense bly maak? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’

RIGTERS 9:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Maar die wingerdstok sê vir hulle, ‘Moet ek my •nuwe wyn prysgee wat gode en mense verheug, en dan oor die bome heen en weer gaan swaai?’

RIGTERS 9:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die wingerdstok sê vir hulle: Moet ek my wyn, wat God en die mens vrolik maak, laat staan en gaan om bo die bome te bevorder?

RIGTERS 9:13 DB (Die Boodskap)

Maar die wingerdstok sê vir hulle: ‘Moet ek my wyn prysgee, wat gode en mense gelukkig maak, net om tussen die bome rond te dwaal en oor hulle te regeer?’

RIGTERS 9:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ook die wingerdstok het geweier en vir hulle gesê: ‘Moet ek ophou om my wyn te gee wat God en mense se harte bly maak net om oor die bome te regeer?’