RIGTERS 7:8
RIGTERS 7:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon-hulle het al die kos en die ramshorings gevat en toe het hy die ander almal huis toe gestuur. Hy het net die drie honderd by hom gehou. Die kamp van die Midianiete was teenoor hom in die vlakte.
RIGTERS 7:8 Bybel vir almal (ABA)
Gideon het die ander manne laat teruggaan huis toe en hy het die 300 manne by hom laat bly. Hulle het die padkos en ramshorings by hulle gehou. Die kamp van die Midianiete was in die vallei, onderkant die kamp van Gideon.
RIGTERS 7:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop neem hulle die padkos van die manskappe en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van Israel laat gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou, terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.
RIGTERS 7:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die driehonderd man het toe die padkos wat die manskappe by hulle gehad het en hulle •ramshorings geneem. Al die ander manne van Israel het Gideon weggestuur, elkeen na sy tente. Maar die driehonderd man het hy teruggehou. Die kamp van die Midianiete was onderkant hom in die vlakte.
RIGTERS 7:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die volk het voedsel en hulle trompette in hulle hand geneem, en hy het die hele res van Israel, elkeen na sy tent toe gestuur en daardie drie honderd man behou; en die leër van Mídian was onder hom in die dal.