RIGTERS 7:22
RIGTERS 7:22 Bybel vir almal (ABA)
Toe die manne die 300 ramshorings blaas, het die Midianiete mekaar begin doodmaak. Die Here het hulle dit laat doen. Hulle het gevlug tot by die stad Bet-Sitta naby Serera en tot by die grens van die grond van die stad Abel-Megola by Tabbat.
RIGTERS 7:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
RIGTERS 7:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy pos. Toe die drie honderd man die ramshoring blaas, het die hele kamp op die vlug geslaan, hulle het geskreeu en gehardloop, en toe het die Here dit bewerk dat hulle mekaar daar in die kamp doodmaak. Die kamp se mense het gevlug tot by Bet-Sitta na Sereda se kant toe, tot by die grens van Abel-Megola naby Tabbat.
RIGTERS 7:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die HERE in die hele kamp die een se swaard teen die ander gerig. Die krygsmag het gevlug tot by Bet-Sitta, in die rigting van Sereda, tot op die oewer van die Megolastroom by Tabbat.
RIGTERS 7:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die driehonderd het op die ramshorings geblaas, en die HERE het elkeen se swaard teen sy maat gesit, ook in die hele leër
RIGTERS 7:22 Die Boodskap (DB)
Want terwyl Gideon se soldate op hulle trompette geblaas het, het die Here die vyand se soldate onder mekaar laat baklei. Dié wat nie in hierdie geveg dood is nie, het in die rigting van Sereda tot so ver as Bet-Sitta gevlug en ander weer tot by die grens van Abel-Megola, naby Tabbat.