RIGTERS 7:13
RIGTERS 7:13 Bybel vir almal (ABA)
Toe Gideon by die kamp kom, was 'n man besig om vir sy maat te vertel wat hy gedroom het. Hy het gesê: “Ek het gedroom ek sien 'n ronde garsbrood wat deur die kamp rol. Dit het tot teen ons tent gerol en die tent omgestamp. Die tent het geval, en die brood het bo-oor die tent gerol.”
RIGTERS 7:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Gídeon aankom, vertel 'n man aan 'n ander juis 'n droom en sê: Kyk, ek het 'n droom gehad: Daar rol 'n hard gebakte garsbrood in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en slaan dit dat dit omval en keer dit onderstebo, en toe lê die tent daar!
RIGTERS 7:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon het in die kamp ingekom net toe 'n man vir sy maat hierdie droom vertel: “Ek het gedroom,” het hy gesê, “daar kom 'n ronde garsbrood in ons laer ingerol. Die brood het tot by die tent gerol, daarteen gestamp en dit laat omval. Die brood het die tent omgestamp en die tent het inmekaargetuimel.”
RIGTERS 7:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Gideon daar kom, vertel 'n man juis vir sy vriend van sy droom. “Kyk,” het hy gesê, “ek het 'n droom gehad. Daar was 'n ronde garsbrood wat in die kamp van die Midianiete inrol, tot by 'n tent kom en dit tref, sodat dit val. Dit het die tent laat omdop, sodat dit daar gelê het.”
RIGTERS 7:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Gideon kom, kyk, daar was 'n man wat 'n droom aan sy maat vertel en gesê het: Kyk, ek het 'n droom gedroom, en kyk, 'n garsbroodkoek het in die leër van Mídian ingeval en by 'n tent en dit geslaan dat dit geval het, en dit omgekeer, sodat die tent langsaan gelê het.
RIGTERS 7:13 Die Boodskap (DB)
Gideon het net betyds daar aangekom om te hoor hoe iemand vir sy vriend van sy droom vertel. “Ek het gedroom,” het hy gesê, “daar kom ’n ronde garsbrood in die kamp ingerol. Dit het tot teen die tent gerol en dit omgestamp en inmekaar laat val.”
RIGTERS 7:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gideon het toe nader gesluip. In die kamp was ’n man juis besig om vir sy makker te vertel wat hy gedroom het. “Ek het gedroom,” het hy vertel, “daar kom ’n ronde garsbrood na die kamp van Midian aangerol. Die brood het ’n tent getref, dit omgestamp en dit inmekaar laat tuimel.”