RIGTERS 6:37
RIGTERS 6:37 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal 'n skaap se wol oopgooi op die dorsvloer. As daar net op die wol dou is en die grond is droog, dan sal ek weet U wil my gebruik om die Israeliete te red, soos U gesê het.”
RIGTERS 6:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.
RIGTERS 6:36-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon het vir God gesê: “Ek sal weet dat U deur my vir Israel wil red soos U beloof het, as ek 'n stukkie vlieswol op die dorsvloer sit en daar kom dou op die wol terwyl die grond droog bly.”
RIGTERS 6:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
kyk, ek sit 'n pasgeskeerde vag op die dorsvloer; as daar net op die vag dou is, maar al die grond is droog, sal ek weet dat U Israel deur my toedoen gaan verlos, soos U gesê het.”
RIGTERS 6:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek sal 'n vlies van wol op die vloer sit; en as die dou net op die vlies is en dit droog word op die hele aarde daarbuite, dan sal Ek weet dat U Israel deur my hand sal verlos, soos U gesê het.
RIGTERS 6:36-37 Die Boodskap (DB)
Toe sê Gideon vir God: “As U my regtig gaan gebruik om Israel te verlos soos U belowe het, bewys dit vir my. Ek sit hierdie stukke wolmat op die dorsvloer neer. As die mat môre nat is van die dou en die grond rondom is droog, sal ek weet dat U my gaan help soos U belowe het.”