RIGTERS 6:31
RIGTERS 6:31 Bybel vir almal (ABA)
Joas sê toe vir almal wat daar by hom staan: “Wil julle vir Baäl beskerm? Wil julle hom red? Die persoon wat vir Baäl wil beskerm, sal môre sterf. As Baäl 'n god is, dan moet hy homself beskerm teen die man wat sy altaar afgebreek het.”
RIGTERS 6:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil júlle vir Baäl veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
RIGTERS 6:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Joas het vir almal wat daar by hom gestaan het, gesê: “Wil julle Baäl se saak behartig? Wil julle hom red? Wie Baäl se saak behartig, moet vanmôre nog doodgemaak word. As hy 'n god is, kan hy sy eie saak behartig. Dis sý altaar wat afgebreek is.”
RIGTERS 6:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Joas sê vir almal wat om hom saamgedrom het: “Wil julle vir Baäl die stryd voer? Of moet julle hom red? Wie ook al vir hom die stryd voer, sal vanoggend nog sterf! As hy 'n god is, laat hy vir homself die stryd voer wanneer iemand sy altaar omgegooi het.”
RIGTERS 6:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Joas sê vir almal wat teen hom staan: Sal julle vir Baäl pleit? sal julle hom red? wie vir hom wil pleit, laat hom gedood word solank dit nog môre word; as hy 'n god is, laat hy vir homself pleit, want iemand het sy altaar neergewerp.
RIGTERS 6:31 Die Boodskap (DB)
Toe sê Joas vir die oproeriges wat daar buite staan: “Wil julle nou skielik Baäl se saak vir hom behartig? Gaan julle hom verdedig? Weet net, wie ook al Baäl se saak probeer verdedig, sal teen môreoggend reeds dood wees. As Baäl ’n god is, laat hy homself verdedig. Dis tog sy altaar wat Gideon afgebreek het!”
RIGTERS 6:31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Joas het vir die skare wat om hom saam gebondel het, geantwoord: “Moet julle nou Baäl se saak verdedig? Moet julle sy saak red? Die persoon wat dink hy moet vir Baäl instaan, moet sommer vanoggend nog tereggestel word. As Baäl ’n god is, kan hy mos vir sy eie saak veg. Dis tog sý altaar wat afgebreek is.”