RIGTERS 6:29
RIGTERS 6:29 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het vir mekaar gevra: “Wie het dit gedoen?” Hulle het gesoek en vir almal gevra, en iemand het gesê: “Joas se seun Gideon het dit gedoen.”
RIGTERS 6:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!
RIGTERS 6:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het vir mekaar gevra: “Wie het dit gedoen?” Hulle het oral navraag gedoen, en daar is gesê: “Dit is Gideon seun van Joas! Hy het dit gedoen!”
RIGTERS 6:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle vra toe vir mekaar: “Wie het hierdie ding gedoen?” Hulle het ondersoek ingestel en navraag gedoen. Daar is toe gesê: “Gideon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen.”
RIGTERS 6:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sê vir mekaar: Wie het hierdie ding gedoen? En toe hulle navraag doen en vra, sê hulle: Gideon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen.