RIGTERS 6:25
RIGTERS 6:25 Bybel vir almal (ABA)
Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Jy moet jou pa se bul vat, die bul wat sewe jaar oud is, en dan moet jy die Baäl-altaar van jou pa afbreek en die gewyde paal afkap wat daarby is.
RIGTERS 6:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.
RIGTERS 6:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie nag het die Here vir Gideon gesê: “Vat 'n groot bul, die sewe jaar oud bul van jou pa, sy tweede bul, breek jou pa se altaar vir Baäl af en kap die gewyde paal daar langsaan af.
RIGTERS 6:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nog in daardie selfde nag het die HERE vir hom gesê: “Neem die bul wat aan jou vader behoort, die tweede bul, wat sewe jaar oud is. Sloop die altaar van Baäl wat aan jou vader behoort. Die asjera wat langsaan is, moet jy afkap.
RIGTERS 6:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur in dieselfde nag dat die HERE vir hom gesê het: Neem jou vader se jong bul, die tweede bul van sewe jaar oud, en gooi die altaar van Baäl af wat jou vader het, en kap die bos af wat daardeur