RIGTERS 6:20
RIGTERS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
het die Engel van God vir hom gesê: “Sit die vleis en die brood daar op die rots en gooi die sous daaroor.” Gideon het dit gedoen.
RIGTERS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.
RIGTERS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
sê die Engel van God vir Gideon: “Vat die vleis en die brood sonder suurdeeg en sit dit op hierdie rots en gooi die sous daaroor.” Hy het so gemaak
RIGTERS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop sê die Engel van God vir hom: “Neem die vleis en die ongesuurde brood, sit dit hier op die rots neer en gooi die sous daaroor.” Hy het toe so gemaak.
RIGTERS 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engel van God sê vir hom: Neem die vleis en die ongesuurde koeke en lê dit op hierdie rots neer en giet die sous uit. En hy het so gedoen.