RIGTERS 6:15
RIGTERS 6:15 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Gideon vir Hom: “Asseblief, Here, ek kan nie die Israeliete red nie. My familie is die kleinste familie in die Manasse-stam, en ek is die jongste seun in my pa se huisgesin.”
RIGTERS 6:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
RIGTERS 6:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Gideon sê vir Hom: “Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.”
RIGTERS 6:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy het Hom geantwoord: “Asseblief, my Heer! Hoe kan ek Israel verlos? Kyk, my familiegroep is die onbenulligste in Manasse, en ek is die jongste in my familie.”
RIGTERS 6:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Ag, my HERE, waarmee sal ek Israel verlos? kyk, my familie is arm in Manasse, en ek is die geringste in die huis van my vader.