RIGTERS 3:15
RIGTERS 3:15 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het toe vir die Israeliete 'n redder gestuur om hulle te red. Die redder was Ehud. Hy was die seun van Gera, 'n Benjamin-man. Ehud was links. Die Israeliete het hom gestuur om die belasting vir koning Eglon van Moab te bring.
RIGTERS 3:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.
RIGTERS 3:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het 'n redder vir hulle na vore laat kom, Ehud seun van Gera, 'n Benjaminiet. Ehud was links, en die Israeliete het hom met die belasting gestuur na koning Eglon van Moab toe.