RIGTERS 20:28
RIGTERS 20:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Die kis van die Here was in daardie tyd in Bet-El, en Pinehas was in daardie tyd die priester by die kis. Pinehas was van die nageslag van Eleaser seun van Aäron. Die Israeliete het vir die Here gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers, die Benjamin-mense, of moet ons ophou?” Die Here het geantwoord: “Ja, julle moet gaan, want môre sal Ek julle laat wen teen hulle.”
RIGTERS 20:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien — en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
RIGTERS 20:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pinehas, seun van Eleasar seun van Aäron, wat destyds as priester gedien het voor die Here, het gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers die Benjaminiete of moet ons ophou?” Toe antwoord die Here: “Trek op! Môre gee Ek hulle in julle mag.”
RIGTERS 20:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en Pinehas, seun van Eleasar, seun van Aäron, het in daardie tyd voor die HERE diens gedoen. Hulle het gevra: “Moet ons weer 'n keer uittrek vir die geveg met die kinders van Benjamin, ons broer, of moet ons ophou?” Die HERE het geantwoord: “Trek op, want môre gee Ek hulle in julle hand.”
RIGTERS 20:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Pinehas, die seun van Eleasar, die seun van Aäron, het in daardie dae voor hom gestaan en gesê: Sal ek weer uittrek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer, of sal ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op; want môre sal Ek hulle in jou hand gee.
RIGTERS 20:27-28 Die Boodskap (DB)
Destyds was die verbondsark van die Here nog by hulle. Hulle het toe deur die priester Pineas (hy was Eleasar se seun en die kleinseun van Aäron) vir die Here gevra: “Moet ons weer teen ons broers gaan oorlog maak, of moet ons ophou?” Die Here se antwoord was: “Gaan, môre gee Ek hulle in julle mag oor.”
RIGTERS 20:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Pinehas, die seun van Eleasar en kleinseun van Aäron, was destyds hulle priester. Hy het vir die HERE gevra: “Moet ons aangaan met die geveg teen ons volksgenote, die Benjaminiete, of moet ons daarmee ophou?” Die antwoord van die HERE was: “Trek weer op! Môre gaan Ek hulle in julle mag oorgee.”