RIGTERS 19:6
RIGTERS 19:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Leviet het daar gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarna het sy byvrou se pa vir hom gesê: “Asseblief, jy moenie gaan nie, slaap nog vannag hier en geniet dit.”
RIGTERS 19:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.
RIGTERS 19:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle twee het toe gaan sit en saam geëet en gedrink. Die meisie se pa sê toe vir die man: “Moenie teëpraat nie. Bly nog dié nag oor en geniet dit hier.”
RIGTERS 19:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle twee het saam gaan sit en geëet en gedrink. Toe sê die jong vrou se vader vir die man: “Besluit nou maar en bly oor. Wees vrolik!”
RIGTERS 19:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het gaan sit en altwee saam geëet en gedrink, want die vader van die meisie het aan die man gesê: Wees tog tevrede en vertoef die hele nag, en laat jou hart vrolik wees.