RIGTERS 19:22
RIGTERS 19:22 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het lekker geëet, maar toe het 'n klomp mans om die huis kom staan en hulle het teen die deur geslaan. Hulle was slegte mense. Hulle het vir die ou man aan wie die huis behoort het, gesê: “Bring die man wat in jou huis ingekom het. Ons wil seks hê met hom.”
RIGTERS 19:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.
RIGTERS 19:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe hulle begin vrolik raak, omsingel 'n klomp straatboewe van die stad die huis en hulle slaan op die deur. Hulle sê toe vir die ou man aan wie die huis behoort: “Bring uit die man wat in jou huis gekom het. Ons wil geslagsgemeenskap met hom hê.”
RIGTERS 19:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle was besig om vrolik te raak, toe daag manne van die dorp, 'n klomp booswigte, meteens daar op. Hulle omsingel toe die huis, hamer aan die deur en sê vir die ou man, die eienaar van die huis: “Bring die man uit wat by jou huis ingegaan het, sodat ons met hom gemeenskap kan hê!”
RIGTERS 19:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle hul hart vrolik gemaak het, kyk, die manne van die stad, sekere seuns van Belial, het die huis rondom omsingel en aan die deur geslaan en met die eienaar van die huis, die ou man, gespreek en gesê: Bring gee die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan ken.
RIGTERS 19:22 Die Boodskap (DB)
Hulle het net lekker begin kuier toe ’n klomp straatboewe van die stad daar aankom en aan die deur begin hamer. Hulle skree toe vir die ou man: “Bring die man uit wat daar by jou in die huis is. Ons wil seks met hom hê!”
RIGTERS 19:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe dit al gesellig begin gaan het, het ’n klomp skurke van die stad die huis omsingel. Hulle het teen die deur gehamer en vir die ou man aan wie die huis behoort het, geskreeu: “Bring uit daardie man wat in jou huis ingekom het. Ons wil seks met hom hê.”