RIGTERS 19:21
RIGTERS 19:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die ou man het hulle saamgeneem na sy huis toe. Hulle het vir die donkies voer gegee. Hulle het ook eers hulle voete gewas, en toe saam geëet en gedrink.
RIGTERS 19:21 Bybel vir almal (ABA)
Die ou man het hom na sy huis gebring en hy het vir die donkies kos gegee. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.
RIGTERS 19:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en gedrink.
RIGTERS 19:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ou man het hom toe in sy huis gevat en vir die donkies voer gegee. Die mense het hulle voete gewas, en toe het hulle geëet en gedrink.
RIGTERS 19:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy neem hulle toe in sy huis in en gee vir die donkies voer. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.