RIGTERS 11:35
RIGTERS 11:35 Bybel vir almal (ABA)
En toe Jefta haar sien, het hy sy klere geskeur en hy het gesê: “My kind, ek is baie hartseer. Jy het 'n slegte ding met my laat gebeur, want ek het vir die Here belowe dat die eerste persoon wat by my huis se deur uitkom om my te ontmoet, aan Hom sal behoort, en nou moet ek doen wat ek belowe het.”
RIGTERS 11:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.
RIGTERS 11:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy haar sien, het hy sy klere geskeur en gesê: “Ag, my dogter, jy het my gebreek en in die ellende gedompel: ek het my woord aan die Here gegee en ek kan dit nie terugtrek nie.”
RIGTERS 11:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die oomblik toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: “Ag, my dogter, ek is heeltemal verpletter oor jou! Dat jy nou een van hulle moet wees wat my in die ellende dompel! Ek het met my mond 'n gelofte aan die HERE afgelê en ek kan dit nie terugtrek nie.”
RIGTERS 11:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter! U het my baie verneder, en U is een van die wat my verskrik, want ek het my mond tot die HERE oopgemaak en kan nie teruggaan nie.
RIGTERS 11:35 Die Boodskap (DB)
Toe hy haar sien, het hy van angs sy klere van sy lyf afgeskeur. “Ag, my dogter!” het hy gekerm. “Jy breek my hart! Hoekom moet dit juis jy wees wat my hierdie smart veroorsaak? Ek het ’n gelofte aan die Here gemaak en ek kan nie nou op my woord teruggaan nie.”