RIGTERS 1:30
RIGTERS 1:30 Bybel vir almal (ABA)
Die Sebulon-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat in Kitron en Nahalal gewoon het nie. Die Kanaäniete het aangehou om tussen die Sebulon-mense te woon, maar die Sebulon-mense het die Kanaäniete swaar laat werk.
RIGTERS 1:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.
RIGTERS 1:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verslaan nie. Die Kanaäniete het by Sebulon bly woon en moes dwangarbeid doen.
RIGTERS 1:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sebulon het nie die inwoners van Kitron en Nahalal verdryf nie. Die Kanaäniete het tussen hulle bly woon, maar moes dwangarbeid verrig.
RIGTERS 1:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sebulon het ook nie die inwoners van Kitron en die inwoners van Nahalol verdryf nie; maar die Kanaäniete het onder hulle gewoon en sy dienspligtiges geword.