JAKOBUS 3:4
JAKOBUS 3:4 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde met seilskepe: Seilskepe is baie groot, en die sterk winde laat hulle seil op die water. Maar die kaptein gebruik net 'n baie klein roer om die skip te stuur waarnatoe hy wil gaan.
JAKOBUS 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.
JAKOBUS 3:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil.
JAKOBUS 3:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, selfs skepe, hoewel hulle so groot is en deur hewige winde aangedryf word, word met 'n baie klein roer gestuur na waar die stuurman wil.
JAKOBUS 3:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk ook na die skepe, wat alhoewel hulle so groot is en deur woeste winde gedryf word, maar tog met 'n baie klein roer omgedraai word, waar die goewerneur ook al wil.