JAKOBUS 3:2
JAKOBUS 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Ons almal doen baie maal iets wat verkeerd is. As iemand nooit iets verkeerd sê nie, dan lewe so 'n mens soos God wil hê. Dan kan hy ook sy hele lewe bestuur soos 'n mens 'n perd stuur met 'n stang.
JAKOBUS 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Almal van ons struikel tog dikwels. As iemand nie met woorde struikel nie, is hy 'n volmaakte man, en ook daartoe in staat om sy hele liggaam in toom te hou.
JAKOBUS 3:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want in baie dinge laat ons almal struikel. As iemand nie aanstoot neem in woord nie, is hy 'n volmaakte man en in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.