YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JAKOBUS 3:14

JAKOBUS 3:14 Bybel vir almal (ABA)

Maar as julle baie jaloers is en as julle altyd alles vir julleself wil hê, dan moet julle nie spog en sê dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)

Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Maar as daar bittere afguns en selfsug in julle harte is, moet julle dan nie op wysheid beroem, en teen die waarheid lieg nie.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maar as julle bittere afguns en twis in julle harte het, moet julle nie roem nie en lieg nie teen die waarheid nie.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Die Boodskap (DB)

As die een onder julle egter vir die ander een niks gun nie en altyd beter wil wees as die ander een, moet julle nie maak of julle weet wat ’n sinvolle lewe is nie. Julle jaloesie onder mekaar wys dan dat julle lieg.

Deel
Lees JAKOBUS 3

JAKOBUS 3:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

As julle bitter jaloers is en selfsugtige ambisie in julle harte het, moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg!

Deel
Lees JAKOBUS 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's