JAKOBUS 3:1-4
JAKOBUS 3:1-4 Bybel vir almal (ABA)
My vriende, julle moenie almal probeer om vir ander mense te leer nie. Julle weet dat God swaarder sal oordeel oor ons wat vir ander mense leer. Ons almal doen baie maal iets wat verkeerd is. As iemand nooit iets verkeerd sê nie, dan lewe so 'n mens soos God wil hê. Dan kan hy ook sy hele lewe bestuur soos 'n mens 'n perd stuur met 'n stang. As ons 'n stang in 'n perd se bek sit sodat hy moet doen wat ons wil hê, dan kan ons die hele perd stuur met die stang. Dit is dieselfde met seilskepe: Seilskepe is baie groot, en die sterk winde laat hulle seil op die water. Maar die kaptein gebruik net 'n baie klein roer om die skip te stuur waarnatoe hy wil gaan.
JAKOBUS 3:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan. Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.
JAKOBUS 3:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil.
JAKOBUS 3:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie almal leermeesters wil wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons strenger geoordeel sal word. Almal van ons struikel tog dikwels. As iemand nie met woorde struikel nie, is hy 'n volmaakte man, en ook daartoe in staat om sy hele liggaam in toom te hou. Ons sit stange in perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam, en daarmee stuur ons hulle hele liggaam. Kyk, selfs skepe, hoewel hulle so groot is en deur hewige winde aangedryf word, word met 'n baie klein roer gestuur na waar die stuurman wil.
JAKOBUS 3:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My broers, wees nie baie meesters nie, omdat jy weet dat ons die groter veroordeling sal ontvang. Want in baie dinge laat ons almal struikel. As iemand nie aanstoot neem in woord nie, is hy 'n volmaakte man en in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. Kyk, ons sit stukke in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees; en ons draai om hulle hele liggaam. Kyk ook na die skepe, wat alhoewel hulle so groot is en deur woeste winde gedryf word, maar tog met 'n baie klein roer omgedraai word, waar die goewerneur ook al wil.
JAKOBUS 3:1-4 Die Boodskap (DB)
My vriende, daar moenie te veel van julle wees wat die ander in die gemeente wil leer nie. Dit is ’n verantwoordelike werk. God stel strenger eise aan sulke mense. Wanneer Hy ons finaal oordeel, sal Hy dié wat ander geleer het volgens daardie strenger eise beoordeel. Ons almal maak foute en sê verkeerde dinge. As iemand nooit ’n skewe woord sê nie, is hy volmaak. Hy sal geen probleem hê om ook in ander dinge wat hy doen, reg op te tree nie. Dit werk soos die stuurwiel waarmee ek ’n hele kar beheer. As ek die stuurwiel draai, draai die hele kar. Of kom ons neem ’n skip as voorbeeld. ’n Skip is massief, maar die roer waarmee die kaptein die hele skip stuur, is baie klein.
JAKOBUS 3:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel. Ons maak almal baie foute. Maar ’n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer. En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai.