JAKOBUS 1:11 - Compare All Versions
JAKOBUS 1:11 ABA (Bybel vir almal)
Want wanneer die son begin skyn en dit word baie warm, dan word die veldblomme droog en hulle val af en die mooi blomme is nie meer daar nie. So is 'n ryk mens en sy besigheid, hy sal verdwyn soos 'n veldblom.
JAKOBUS 1:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
JAKOBUS 1:11 AFR83 (Afrikaans 1983)
As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.
JAKOBUS 1:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want die son met sy hitte kom op en verdor die veld, en die blom val af, en sy skoonheid gaan tot niet. Net so sal die ryke verwelk in alles wat hy doen.
JAKOBUS 1:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die son kom nie vroeër op met 'n brandende hitte nie, maar dit laat die gras verdroog, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal ook die ryk man in sy weë verwelk.
JAKOBUS 1:11 DB (Die Boodskap)
Maar dan begin die son bak. Teen die middag hang daardie mooi blommetjie verlep en teen die aand is daar niks van hom oor nie. Die blaartjies lê saam met die mooiheid van die blommetjie verskroei op die grond. So is die pad van rykdom. Die ryk man sal tussen al sy status en geld ook maar soos die blommetjie verlep en sterf. En wat help dit alles hom dan?
JAKOBUS 1:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.