YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JAKOBUS 1:1

JAKOBUS 1:1 Bybel vir almal (ABA)

Ek, Jakobus, is 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Ek skryf hierdie brief vir die twaalf stamme van Israel wat oral in die hele wêreld woon. Ek groet julle!

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

JAKOBUS, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus •Christus, aan die twaalf stamme in die Diaspora: Gegroet!

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Jakobus, 'n dienskneg van God en van die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld verstrooi is, groet.

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Die Boodskap (DB)

Van Jakobus. Iemand wat God en die Here Jesus Christus dien met alles wat hy het. Almal wat oor hierdie wêreld versprei is en aan God behoort, moet die brief lees. Dit is vir julle bedoel.

Deel
Lees JAKOBUS 1

JAKOBUS 1:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hierdie brief kom van Jakobus, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus. Ek skryf aan die Joodse Christene wat oor die wêreld versprei is. Groete!

Deel
Lees JAKOBUS 1
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's