JESAJA 8:19 - Compare All Versions

JESAJA 8:19 ABA (Bybel vir almal)

Party mense sê julle moet vir die geeste van dooie mense vra wat julle moet doen. Maar 'n volk moet vir hulle God vra wat hulle moet doen. Hulle moenie vir dooie mense vra wat is goed vir mense wat lewe nie.

JESAJA 8:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel — moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

JESAJA 8:19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou 'n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg?

JESAJA 8:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wanneer hulle vir julle sê, “Raadpleeg die waarsêergeeste en voorvadergeeste wat fluister en mompel – moet 'n volk nie sy gode raadpleeg, die dooies ter wille van die lewendes nie?”

JESAJA 8:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En wanneer hulle vir julle sê: Soek na die geeste van afgestorwenes en towenaars wat loer en prewel: moet 'n volk nie sy God soek nie? vir die lewendes tot die dooies?

JESAJA 8:19 DB (Die Boodskap)

Waarom probeer julle dan dinge oor die toekoms by mediums en spiritiste uitvind? Moenie na hulle gemompel en binnensmondse gebrom luister nie. Moenie dat mense julle vertel dat die lewendes by die dooies moet gaan raad vra nie. ’n Volk moet tog hulle God vir raad vra.

JESAJA 8:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hoekom probeer julle dan om uit te vind wat die toekoms inhou deur mediums en spiritiste te raadpleeg? Moenie na hulle gefluister en gemompel luister nie. Kan die lewendes by die dooies hoor wat die toekoms inhou? Hoekom vra jy nie eerder jou God nie?