JESAJA 8:18
JESAJA 8:18 Bybel vir almal (ABA)
Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is die tekens wat vir die Israeliete wys dat die Here op Sionsberg woon, die Here wat oor alles regeer.
JESAJA 8:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het — tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
JESAJA 8:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hier is ek en die kinders wat die Here vir my gegee het. Ons is in Israel lewende getuies van die Here die Almagtige wat op Sionsberg woon.
JESAJA 8:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hier is ek en die kinders wat die HERE aan my gegee het as tekens en simbole in Israel, afkomstig van die HERE, Heerser oor alle magte, wat op die berg Sion woon.
JESAJA 8:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, ek en die kinders wat die HERE my gegee het, is tot tekens en tot wonders in Israel van die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.