JESAJA 7:8 - Compare All Versions

JESAJA 7:8 ABA (Bybel vir almal)

“Hoekom? Want Resin is nie belangrik nie. Resin is net die hoof van Damaskus, en Damaskus is die hoofstad van Aram. Jerusalem is nie die hoofstad van Aram nie. “Oor 65 jaar sal die mense van Efraim nie meer lewe nie, hulle sal nie meer 'n volk wees nie.

JESAJA 7:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie

JESAJA 7:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

want dit is maar net Damaskus wat die hoofstad van Aram is en net Resin wat die koning van Damaskus is. Efraim sal binne vyf en sestig jaar so verwoes word dat hy geen volk meer sal wees nie

JESAJA 7:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Immers, die hoof van Aram is Damaskus, en die hoof van Damaskus is Resin. Nog vyf-en-sestig jaar, dan is Efraim vernietig en nie meer 'n volk nie.

JESAJA 7:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die hoof van Aram is Damaskus, en die hoof van Damaskus is Resin; en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, dat dit geen volk is nie.

JESAJA 7:8 DB (Die Boodskap)

Want Sirië is nie sterker as sy hoofstad, Damaskus, nie, en Damaskus het niks anders om op staat te maak as koning Resin nie. Wat Efraim betref, binne 65 jaar sal hulle so uitmekaargejaag wees dat hulle nie eers meer ’n volk genoem sal word nie.

JESAJA 7:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

want Aram is nie sterker as sy hoofstad, Damaskus, nie. En Damaskus is nie sterker as sy koning, Resin, nie. Wat Israel betref, binne 65 jaar sal die volk heeltemal vernietig wees.